Landbou-innovasie en gemeenskapsgees: ‘n Blik op die Upington-landbouskou – Hoëveld Dienste

Landbou-innovasie en gemeenskapsgees: ‘n Blik op die Upington-landbouskou

Agri Orbit – Landbou-innovasie en gemeenskapsgees: ‘n Blik op die Upington-landbouskou Die Upington-landbouskou het vanjaar weer ‘n skatkis van verrassings en landbou-aktiwiteite gebied. Besoekers kon deelneem aan ‘n verskeidenheid geleenthede, insluitend ‘n karkaskompetisie, interrasbeoordeling, en ‘n jeugskou.   Die skou het ‘n interrasbeoordeling aangebied, wat meer ‘n interaktiewe bespreking as ‘n formele beoordeling was. Chris Goosen, die beoordelaar, het beklemtoon dat dit ‘n geleentheid vir produsente was om kennis te deel en blootstelling vir hul vee te verkry. Vyftien beeste van vyf verskillende rasse – Droughtmaster, Brahman, Sussex, Boran en Afrikaner – het deelgeneem. Die wenners is na ‘n oggend van lewendige gesprekke aangewys: Theuns Engelbrecht se Droughtmaster-bul en Gideon Botha se Boran-vers het die juniortitels ingepalm, terwyl Gert Fourie se Sussex-bul en nog ‘n Droughtmaster van Engelbrecht die seniorkategorieë oorheers het. Lees die volle berig op Agri Orbit – Landbou-innovasie en gemeenskapsgees: ‘n Blik op die Upington-landbouskou

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Scroll to Top