Hoëveld Dienste
Trotse agent van De Heus voere.
Op soek na 'n betroubare oplossing vir jou veevoeding en behoeftes?
Gun ons die geleentheid om jou van kundige aanbevelings te voorsien.
Elke kans
'n goue
Geleentheid
Hoëveld
Dienste
Die Begin
Die vergadering tussen Hoëveld Dienste en De Heus, met De Heus se bestuur wat sê..
“ kom ons begin maar klein dan kyk ons hoe dit gaan…”
JULLE KEN NIE DIÉ BOERSEUN NIE ….
2020
Die eerste “stoor”op Plaas Vaalbank..met hande-arbeid en ‘n trekker met ‘n “aapstert”om die “sling bags”op en af te laai..
2020
Hoëveld Dienste se eerste vrag word afgelewer by ons eerste kliënt - oom Braam van Aardt. - 4 Junie 2020.
2020
Geen uitdaging of struikelblok is te groot nie.
2021
Die vragte word groter en “Ramkat”kry hulp.. April 2021.
2021
Die plaas-stoor word te klein en ‘n jaar later kry Hoëveld Dienste ‘n nuwe “huis”- Kortstraat 7, Hendrina..daar word gewerskaf om alles betyds klaar te kry en dit gaan beslis nie sonder drama en uitdagings nie….
2021
Ons maak ons deure oop op 1 Augustus 2021 – “Welkom in De Heus Kontrei”.
Produkte
Dewald te Water innovates, reimagines his way to Farmer of the Year title
Groot melkverspreider in sakeredding geplaas
Onteiening sonder vergoeding: ‘n Redetot kommer?
Landbou-innovasie en gemeenskapsgees: ‘n Blik op die Upington-landbouskou
Klimaatsverandering, leë beloftes: Tsjad se katoenboere steier
Getuigskrifte
Hiermee gee ek, WA de Klerk, Direkteur van WA de Klerk Saai en Bees Boerdery, myself die geleentheid om my dank uit te le aan Hoeveld Dienste / De Heus Veevoer wat al so lank `n pad saam met die boerdery stap.
Hoeveld Dienste skep nie net goeie verwagtinge nie, maar verseker die werklike resultate van die produkte wat aan die boerdery gelewer word. Hiermee kan getuig word dat ons kudde na top gehalte gegroei het wat dit ook vir ons moontlik gemaak het om produksieveilings te begin aanbied.
Dis vir elke boer `n doelwit om koste effektief te boer en steeds groei in getalle, opbrengste en winste te handhaaf, en met Hoeveld Dienste bly ons in die grense van ons doelwitte omdat hulle gehalte produkte lewer teem bi]1ike pryse daaraan gekoppel.
Hoeveld Dienste beskik nie net oor goeie kwaliteit produkte nie, maar maak ook seker dat klientediens `n top prioriteit is, deur bekerme werknemers op die veld uit te stuur wat `n absolute passie en trots het vir hulle rol in die bedryf. Dit is altyd lekker om `n vriendelike en lojale gesig te verwelkom op wie `n mens kan staatmaak wanneer dit by die kudde en tydigheid van lewering kom.
Hoeveld Dienste / De Heus Veevoer is dit werd om aan enige klant daar buite aan beveel te word.
Hiermee is die boerdery in geheel gerus met die wete dat ons `n eindelose pad gaan stap saam met Hoeveld Dienste / De Heus Veevoer.





















